Skip to main content

Inval van Pole Sien ook | Verwysings en bronnelys | Navigasie-keuseskermThe 1939 CampaignThe encyclopedia of modern war By Roger ParkinsonA World in Flames: A Short History of the Second World WarNew Zealand's History Online: New Zealand and the Second World WarMost honoruWojna sukcesówMost honoruThe Katyn Controversy: Stalin's Killing Field'KAMPANIA WRZESNIOWA 1939'4175002-0ph828145

Geskiedenis van PoleTweede Wêreldoorlog


1939PoleTweede WêreldoorlogNazi-DuitslandSowjetunieSlowaaksePoleVerenigde KoninkrykAustraliëNieu-Seeland3 September1939FrankrykSuid-AfrikaKanada1 September1939Molotof-Ribbentrop-verdragOperasie Himmler31 Augustus1939Slag van Bzura17 September1939Rooi LeërMolotof-Ribbentrop-verdragRoemenië1 OktoberHongarye22 Junie19411944












Inval van Pole




in Wikipedia, die vrye ensiklopedie






Jump to navigation
Jump to search










Inval van Pole
Deel van die Tweede Wêreldoorlog

Second World War Europe.png
Kaart wat die begin van die Tweede Wêreldoorlog in Europa vertoon









Datum

1 September 1939 – 6 Oktober 1939
Ligging

Pole
Resultaat
Duitse en Sowjetse oorwinning
Gebieds-
veranderinge
Verdeling van Pole tussen Nazi-Duitsland, die Sowjetunie, Litaue en Slowakye
Strydende partye

Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland
Vlag van Slowakye Slowakye
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie (vanaf 17 September)

Vlag van Pole Pole
Aanvoerders

Vlag van Nazi-Duitsland Adolf Hitler
Vlag van Nazi-Duitsland Walther von Brauchitsch
Vlag van Nazi-Duitsland Fedor von Bock
Vlag van Nazi-Duitsland Gerd von Rundstedt
Vlag van Slowakye Ferdinand Čatloš
Vlag van Sowjetunie Kliment Worosjilof
Vlag van Sowjetunie Michail Kowalef
Vlag van Sowjetunie Semyon Timosjenko

Vlag van Pole Edward Rydz-Śmigły
Sterkte

Nazi-Duitsland:
60 divisione
6 brigade
9 000 wapens[1]
2 750 tenks
2 315 vliegtuie[2]
Slowakye:
3 divisione
Sowjetunie:
33+ divisione
11+ brigade
4 959 wapens
4 736 tenks
3 300 vliegtuie

Totaal: 2 000 000
1 500 000 Duitsers[1]
466 516 Sowjets[3]
51 306 Slowake



Pole:
39 divisione[4]
16 brigade[4]
4 300 wapens[4]
880 tenks
400 vliegtuie[1]

Totaal: 950 000


Ongevalle en verliese

Nazi-Duitsland:
16 343 gesneuweldes
3 500 vermiste[5]
30 300 gewondes

Slowakye:
37 gesneuweldes
11 vermiste
114 gewondes[6]



Sowjetunie:
1 475 gesneuweldes of vermiste
2 383 gewondes[3] of
5 327 gesneuweldes, vermiste of gewondes[7]



Totaal: 59 000



Pole:
66 000  gesneuweldes
133 700 gewondes
199 700 totale slagoffers
694 000 gevangenes
904 000 totale verliese


Sowjetse Minister van Buitelandse Sake, Molotof, onderteken die Molotof-Ribbentrop-verdrag in Moskou op 23 Augustus 1939.




Vergadering van die Duitse en die Sowjet-troepe.




'n Meisie treur oor die liggaam van haar 14-jarige suster na die Luftwaffe se bomaanval


Die Inval van Pole, kodenaam "Fall Weis", was 'n militêre konflik wat in 1939 in Pole plaasgevind het en was 'n voorloper van die Tweede Wêreldoorlog. Die inval is uitgevoer deur Nazi-Duitsland, die Sowjetunie en 'n klein, Duits-geallieerde, Slowaakse eenheid.


Die inval van Pole het die begin van die Tweede Wêreldoorlog in Europa gekenmerk, siende dat Pole se westerse geallieerdes, die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland[8] oorlog teen Duitsland verklaar het op 3 September 1939. Hul voorbeeld is gevolg deur, onder andere, Frankryk, Suid-Afrika en Kanada. Die inval van Pole het op 1 September 1939 begin: een week na die ondertekening van die geheime Molotof-Ribbentrop-verdrag deur Duitsland en die Sowjetunie, waarin hulle verklaar dat hulle militêre konflik tussen dié twee lande sal vermy. Die inval het tot gevolg gehad dat Pole geheel en al deur Duitsland en die Sowjetunie beset was.


Nazi-Duitsland het Operasie Himmler in werking gestel: die doel van dié operasie was om Nazi-Duitsland 'n rede of verskoning te gee om Pole binne te val. Die operasie het bestaan uit 'n reeks aanvalle wat uitgevoer is onder die dekmantel van die Pole, om sodoende die illusie van 'n aggressiewe Pole te skep, met Duitsland in die kruisvuur. Op 31 Augustus 1939 het die Duitsers 'n aanval geloods teen Sender Gleiwitz, 'n Duitse radiostasie, en as "wedervergelding" het Duitse magte Pole van die Noorde, Suide en Weste ingeval. Die Poolse leër was dun versprei langs hul lang grense en was gou geforseer om na die Ooste terug te trek. Na die mid-September Poolse nederlaag in die Slag van Bzura, het die Duitsers 'n duidelike voordeel gehad. Die Poolse magte het verder na die Suidooste teruggetrek, volgens 'n plan wat 'n lang verdedigingslyn vereis het naby die grens tussen Pole en Roemenië, vanwaar die Geallieerdes 'n teenaanval sou loods en verligting aan die Poolse troepe sou bring.[9]


Op 17 September 1939 het die Sowjetse Rooi Leër, in samewerking met Duitsland, die oostelike dele van Pole binnegeval. Die Sowjetse magte het hul deel uitgevoer, soos in die geheime bylaag van die Molotof-Ribbentrop-verdrag vervat is: dié bylaag het Oos-Europa in Nazi en Sowjetse sfere van invloed verdeel. Soos die tweede front hulle in die gesig gestaar het, het die Poolse regering besluit dat die verdedigingstroepe naby die Suidoostelike grens se missie nie meer uitvoerbaar was nie en het hulle beveel dat alle troepe hulself na neutrale Roemenië onttrek. Teen 1 Oktober het Duitsland en die Sowjetunie die hele Poolse gebied in hul mag gehad, alhoewel die Poolse regering nooit oorgegee het nie. Pole se oorblywende land- en lugmagte het ook na hul buurlande, Roemenië en Hongarye, teruggeval. Baie van die bannelinge het daarna by die nuutgeskepde Poolse Leër aangesluit in geallieerde Frankryk, Sirië (toe 'n Franse mandaat) en die Verenigde Koninkryk.


In die nasleep van die konflik is 'n versettingsbeweging, die Poolse Geheime Staat (ook genoem die Poolse Ondergrondse Staat), gevorm. Pole se vegeenhede het aangehou om die Geallieerdes se militêre operasies te steun, tot aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Duitsland het die Sowjets-besette dele van Pole verower toe dit die Sowjetunie op 22 Junie 1941 binnegeval het, maar het die gebiede weer verloor in 1944 aan die Sowjetse Rooileër. Tydens die verloop van die oorlog het Pole meer as 20% van sy vooroorlogse bevolking verloor onder 'n besetting wat die einde van die Tweede Poolse Republiek aangeteken het.



Sien ook |


  • Slagting van Katyn


Verwysings en bronnelys |



  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Inval van Pole.
Hierdie artikel is groottendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia artikel, "Invasion of Poland (1939)".


  1. 1,01,11,2 Ministry of Foreign Affairs. The 1939 Campaign Polish Ministry of Foreign Affairs, 2005


  2. ER Hooton, p. 85


  3. 3,03,1 (ru) Кривошеев Г. Ф., Россия и СССР в войнах XX века: потери вооруженных сил. Статистическое исследование (Krivosheev G. F., Russia and the USSR in the wars of the 20th century: losses of the Armed Forces. A Statistical Study Greenhill 1997 ISBN 1-85367-280-7)


  4. 4,04,14,2 (ru) Переслегин. Вторая мировая: война между реальностями.— М.:Яуза, Эксмо, 2006, с.22; Р. Э. Дюпюи, Т. Н. Дюпюи. Всемирная история войн.—С-П,М: АСТ, кн.4, с.93.


  5. The encyclopedia of modern war By Roger Parkinson Taylor & Francis, ISBN 0-8128-1898-9. bl. 133.


  6. (en) "Axis Slovakia: Hitler's Slavic Wedge, 1938–1945", bl. 81


  7. (en) Kitchen, Martin (1990). A World in Flames: A Short History of the Second World War. Longman. p. 74. ISBN 0-582-03408-6. Besoek op 2 November 2011..mw-parser-output cite.citationfont-style:inherit.mw-parser-output .citation qquotes:"""""""'""'".mw-parser-output .citation .cs1-lock-free abackground:url("//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/65/Lock-green.svg/9px-Lock-green.svg.png")no-repeat;background-position:right .1em center.mw-parser-output .citation .cs1-lock-limited a,.mw-parser-output .citation .cs1-lock-registration abackground:url("//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d6/Lock-gray-alt-2.svg/9px-Lock-gray-alt-2.svg.png")no-repeat;background-position:right .1em center.mw-parser-output .citation .cs1-lock-subscription abackground:url("//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/aa/Lock-red-alt-2.svg/9px-Lock-red-alt-2.svg.png")no-repeat;background-position:right .1em center.mw-parser-output .cs1-subscription,.mw-parser-output .cs1-registrationcolor:#555.mw-parser-output .cs1-subscription span,.mw-parser-output .cs1-registration spanborder-bottom:1px dotted;cursor:help.mw-parser-output .cs1-ws-icon abackground:url("//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4c/Wikisource-logo.svg/12px-Wikisource-logo.svg.png")no-repeat;background-position:right .1em center.mw-parser-output code.cs1-codecolor:inherit;background:inherit;border:inherit;padding:inherit.mw-parser-output .cs1-hidden-errordisplay:none;font-size:100%.mw-parser-output .cs1-visible-errorfont-size:100%.mw-parser-output .cs1-maintdisplay:none;color:#33aa33;margin-left:0.3em.mw-parser-output .cs1-subscription,.mw-parser-output .cs1-registration,.mw-parser-output .cs1-formatfont-size:95%.mw-parser-output .cs1-kern-left,.mw-parser-output .cs1-kern-wl-leftpadding-left:0.2em.mw-parser-output .cs1-kern-right,.mw-parser-output .cs1-kern-wl-rightpadding-right:0.2em


  8. New Zealand's History Online: New Zealand and the Second World War, deur die History Group of the Ministry for Culture and Heritage, Wellington, New Zealand. 2005. Laaste besoek op 15 Januarie 2007.


  9. Dariusz Baliszewski. Most honoru, Tygodnik "Wprost", Nr 1138 (19 September 2004)]



  • Cooper, Matthew The German Army 1939–1945: Its Political and Military Failure. Stein and Day, Briarcliff Manor, NY, 19781 (ISBN 0-8128-2468-7).

  • Dariusz Baliszewski, Wojna sukcesów, Tygodnik "Wprost", Nr 1141 (10 Oktober 2004). Pools. Laaste besoek op 24 Maart 2005.

  • Dariusz Baliszewski Most honoru, Tygodnik "Wprost", Nr 1138 (19 September 2004)], Pools. Laaste besoek op 24 Maart 2005.

  • Marek Jan Chodakiewicz. Between Nazis and Soviets: Occupation Politics in Poland, 1939–1947. Lexington Books, 2004 (ISBN 0-7391-0484-5).

  • Ellis, John. Brute Force: Allied Strategy and Tactics in the Second World War. Viking Adult, 1st American ed edition, 1999. (ISBN 0-670-80773-7)

  • Benjamin B. Fischer. "The Katyn Controversy: Stalin's Killing Field", Studies in Intelligence. Winter 1999–2000. Laaste besoek op 10 Desember 2005.

  • Jan T. Gross. Revolution from Abroad: The Soviet Conquest of Poland's Western Ukraine and Western Belorussia. Princeton: Princeton University Press, 2002 (ISBN 0-691-09603-1).

  • Robert M. Kennedy The German Campaign in Poland (1939). Zenger Pub Co, 1980 (ISBN 0-89201-064-9).

  • Richard C. Lukas Forgotten Holocaust: The Poles Under German Occupation, 1939–1944. Hippocrene Books, Inc, 2001 (ISBN 0-7818-0901-0).

  • Demut Majer, et al. Non-Germans under the Third Reich: The Nazi Judicial and Administrative System in Germany and Occupied Eastern Europe, with Special Regard to Occupied Poland, 1939–1945. Johns Hopkins University Press, 2003 (ISBN 0-8018-6493-3)

  • Anita J. Prazmowska Britain and Poland 1939–1943 : The Betrayed Ally. Cambridge: Cambridge University Press, 1995 (ISBN 0-521-48385-9).

  • Alexander B. Rossino Hitler Strikes Poland: Blitzkrieg, Ideology and Atrocity. Lawrence: University Press of Kansas, 2003 (ISBN 0-7006-1234-3).

  • Peter Charles Smith Stuka Spearhead: The Lightning War from Poland to Dunkirk 1939–1940. Greenhill Books, 1998 (ISBN 1-85367-329-3).

  • Keith Sword The Soviet Takeover of the Polish Eastern Provinces, 1939–41. Palgrave Macmillan, 1991, (ISBN 0-312-05570-6).


  • Waclaw Stachiewicz (1998). Wiernosci dochowac zolnierskiej. OW RYTM. ISBN 83-86678-71-2.

  • Steve Zaloga en Howard Gerrard. Poland 1939: The Birth of Blitzkrieg. Oxford: Osprey Publishing, 2002 (ISBN 1-84176-408-6).

  • Zaloga, Steve. The Polish Army 1939–1945. Oxford: Osprey Publishing, 1982 (ISBN 0-85045-417-4).

  • Encyklopedia PWN 'KAMPANIA WRZESNIOWA 1939'. Laaste besoek op 10 Desember 2005.










Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Inval_van_Pole&oldid=1993956"













Navigasie-keuseskerm


























(RLQ=window.RLQ||[]).push(function()mw.config.set("wgPageParseReport":"limitreport":"cputime":"0.268","walltime":"0.358","ppvisitednodes":"value":1332,"limit":1000000,"ppgeneratednodes":"value":0,"limit":1500000,"postexpandincludesize":"value":23222,"limit":2097152,"templateargumentsize":"value":11025,"limit":2097152,"expansiondepth":"value":11,"limit":40,"expensivefunctioncount":"value":0,"limit":500,"unstrip-depth":"value":1,"limit":20,"unstrip-size":"value":11209,"limit":5000000,"entityaccesscount":"value":1,"limit":400,"timingprofile":["100.00% 283.761 1 -total"," 46.81% 132.829 1 Sjabloon:Verwysings"," 39.50% 112.093 2 Sjabloon:Cite_book"," 32.70% 92.781 1 Sjabloon:Inligtingskas_Militêre_konflik"," 17.40% 49.377 1 Sjabloon:Normdata"," 7.92% 22.479 4 Sjabloon:Vlagland"," 5.02% 14.252 5 Sjabloon:Landdata_Nazi-Duitsland"," 4.82% 13.686 9 Sjabloon:Vlagikoon"," 2.57% 7.303 9 Sjabloon:Landvlagikoon2"," 2.18% 6.178 4 Sjabloon:Land_vlagland2"],"scribunto":"limitreport-timeusage":"value":"0.089","limit":"10.000","limitreport-memusage":"value":2203615,"limit":52428800,"cachereport":"origin":"mw1293","timestamp":"20191114191748","ttl":2592000,"transientcontent":false););"@context":"https://schema.org","@type":"Article","name":"Inval van Pole","url":"https://af.wikipedia.org/wiki/Inval_van_Pole","sameAs":"http://www.wikidata.org/entity/Q150812","mainEntity":"http://www.wikidata.org/entity/Q150812","author":"@type":"Organization","name":"Contributors to Wikimedia projects","publisher":"@type":"Organization","name":"Wikimedia Foundation, Inc.","logo":"@type":"ImageObject","url":"https://www.wikimedia.org/static/images/wmf-hor-googpub.png","datePublished":"2007-06-15T20:22:29Z","dateModified":"2019-05-23T19:08:14Z","image":"https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/8/87/Second_World_War_Europe.png"(RLQ=window.RLQ||[]).push(function()mw.config.set("wgBackendResponseTime":592,"wgHostname":"mw1269"););

Popular posts from this blog

Distance measures on a map of a game The 2019 Stack Overflow Developer Survey Results Are Inmin distance in a graphShortest distance path on contour plotHow to plot a tilted map?Finding points outside of a diskDelaunay link distanceAnnulus from GeoDisks: drawing a ring on a mapNegative Correlation DistanceFind distance along a path (GPS coordinates)Finding position at given distance in a GeoPathMathematics behind distance estimation using camera

How to get a smooth, uniform ParametricPlot of a 2D Region?How to plot a complicated Region?How to exclude a region from ParametricPlotHow discretize a region placing vertices on a specific non-uniform gridHow to transform a Plot or a ParametricPlot into a RegionHow can I get a smooth plot of a bounded region?Smooth ParametricPlot3D with RegionFunction?Smooth border of a region ParametricPlotSmooth region boundarySmooth region plot from list of pointsGet minimum y of a certain x in a region

Genealogie vun de Merowenger Vum Merowech bis zum Chilperich I. | Navigatiounsmenü